Kevin Starre er_Pnac la Neio dandque veze:oad0.1n
| Kevin Starr | |
| Gebore | 3 September 1940 San Francisco, Kalifornië, VSA |
|---|---|
| Oorlede | 14 Januarie 2017 (op 76) San Francisco, Kalifornië, VSA |
| Plek van graf | Saint Dominics Catholic Church Columbarium[1] |
| Blyplek | Verenigde State |
| Nasionaliteit | |
| Vakgebied | Geskiedenis |
| Instelling(s) | Universiteit van Kalifornië (USC), Los Angeles |
| Alma mater | Universiteit van San Francisco (B.A. in 1962) • Harvard-universiteit (M.S. in 1965, PhD in 1969); Universiteit van Kalifornië te Berkeley (M.S. in 1974) |
| Bekend vir | Boekreeks oor die geskiedenis van Kalifornië: Americans and the California Dream |
| Handtekening | |
Kevin Owen Starr (* 3 September 1940, † 14 Januarie 2017[2][3]) was 'n Amerikaanse geskiedkundige wat vanaf 1989 tot sy afsterwe in 2017 'n leerstoel in geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Kalifornië (USC) te Los Angeles en tussen 1994 en 2004 ook die amp van Kaliforniese staatsbibliotekaris beklee het. Hy het bekendheid verwerf as die skrywer van 'n omvattende boekreeks oor die geskiedenis van Kalifornië wat in agt boekdele gepubliseer is en onder die gesamentlike titel Americans and the California Dream bekendstaan. Kevin Starr het sy tyd tussen San Francisco en Los Angeles verdeel.[4]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Find A Grave: Kevin Starr. Besoek op 7 Julie 2019
- ↑ Los Angeles Times, 15 Januarie 2017: Kevin Starr, author of California histories and former state librarian, dies at 76. Besoek op 7 Julie 2017
- ↑ The New York Times, 16 Januarie 2017: Kevin Starr, Prolific Chronicler of California’s History, Dies at 76. Besoek op 7 Julie 2019
- ↑ Kevin Starr: Coast of Dreams. California on the Edge, 1990-2003. New York: Alfred A. Knopf 2004, omslagteks